Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Cindy Hess Kasper

Totsiens Vir Nou

Ek en my kleindogter Allyssa het ’n vasgestelde roetine wanneer ons groet. Met ons arms om mekaar huil ons met dramatiese snikke vir so twintig sekondes. Dan treë ons weg en sê: “Totsiens.” Ten spyte van ons lawwe speletjie verwag ons om mekaar gou weer te sien.

Maar soms kan die pyn van afskeid van dié vir wie ons omgee…

Dien En Word Bedien

Baie mense het vir Marilyn tydens haar lang siekbed ondersteun en bemoedig. Sy het gewonder hoe sy hulle goedhartigheid kan vergoed. Maar toe kom sy op die woorde van ’n geskrewe gebed af: “Bid dat ander ’n nederigheid sal ervaar wat hulle sal toelaat om nie net te dien nie, maar ook om bedien te word.” Marilyn het besef dat sy net…

Groei Verg Tyd

Op haar eerste dag in die kleuterskool is Charlotte gevra om ’n prent van haarself te teken. Haar kunswerk was ’n eenvoudige bol vir die liggaam, ’n langwerpige kop en twee sirkels vir die oë. Op haar laaste dag daar moes Charlotte weer ’n selfportret skets. Dié keer het sy ’n dogtertjie in ’n bont rok, ’n glimlaggende gesig met…

Die Daaglikse Gebed

Die sanger/liedjieskrywer Robert Hamlet het “Lady Who Prays for Me” as ’n huldeblyk aan sy ma geskryf. Sy het ’n punt daarvan gemaak om soggens vir haar seuns te bid. Nadat ’n jong ma Hamlet hoor sing het, het sy haar daartoe verbind om vir haar eie seuntjie te bid. Die gevolge was verblydend! Net voordat hy by die deur…

As ...

Toe ons by die parkeerterrein uitry, het my man die spoed verminder om vir ’n jong vrou op haar fiets te wag. Tom het geknik en gewys dat sy maar kon ry. Sy het geglimlag, gewaai en gery. Oomblikke later het die bestuurder van ’n geparkeerde voertuig sy motordeur oopgegooi en die jong fietsryer is teen die sypaadjie geslinger. Haar…

Geen Erkenning Nie?

Hollywood musiekblyspele was in die 1950's en 1960's uiters gewild, en 3 aktrises in die besonder - Audrey Hepburn, Natalie Wood, en Debora Kerr – het fliekgangers met hul genotvolle vertonings vermaak. Maar ’n groot deel van dié aktrises se aantrekkingskrag was hul asemrowende sang. Trouens, die sukses van dié rolprente was eintlik te danke aan Marni Nixon, wat die…

Houding Van Die Hart

Wanneer my man ons kerk se lofprysingspan op die harmonika begelei, maak hy soms sy oë toe.  Hy sê dit help hom om te fokus en alle ander dinge uit te sluit sodat hy sy beste kan lewer – net hy, sy harmonika en die musiek tot lof van God.

Daar is mense wat wonder of ons met toe oë moet…